Kontinentale plat

’n Skematiese voorstelling van die oorgang van ’n kontinent na ’n oseaan: A = kontinent; B = kontinentale plat; C = kontinentale helling; D = kontinentale verheffing; E = oseaan (abissale vlakte).

   Die wêreldwye kontinentale platte

’n Kontinentale plat of vastelandsplat is ’n onderwaterlandmassa wat van ’n kontinent af uitstrek en ’n gebied met relatief vlak water tot gevolg het. Baie van die platte is ontbloot tydens glasiale en interglasiale tye. Die plat om ’n eiland word ’n insulêre plat of eilandsplat genoem.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search